Akademia bied hoë gehalte kwalifikasies en al Akademia se aktiwiteite is op ‘n Christelike waardestelsel gegrond. Dié instelling is by die Departement van Onderwys as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer en sy programme is gemeet en goedgekeur aan dieselfde standaarde as dié van universiteite. Akademia streef daarna om mense deur afstandsonderrig in Afrikaans met broodnodige kwalifikasies toe te rus om indiensneembaar te word en ’n onmisbare bydrae tot die land se ekonomiese groei te lewer. Daarom benut Akademia die jongste tegnologie om studente se kennis en vaardighede te ontsluit. Indien jy op soek is na ’n leertuiste wat Afrikaans, aktueel, doelgemaak, eietyds, modern, innoverend, toeganklik én bekostigbaar is, welkom tuis! Dan is Akademia net die plek vir jou!

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.